
Randfigure - Stemme van toe tot nou
Lisel Joubert & Isabel Murray (reds)
Hierdie bundel is nie net ’n skatkis van interessante staaltjies uit die verlede nie. Die egte waarde hiervan is in die manier waarop ontginde argivale navorsing ten toon gestel word. Dit is toeganklik en leesbaar.
Hierdie bundel kry dit reg om die verlede te laat herleef, maar veral om lig te werp op die skadukante van daardie verlede. Dit is die dele wat bloot nie vertel is nie, omdat dit gesien is as onbelangrik in die dominante diskoers van ’n verby-gegane era.
Ook is hierdie verhale van hoop te midde van droefheid en soms oorweldigende teenstand. Die vroue wat hier uitgebeeld word, was baanbrekers, mense van moed en geloof wat die onbekende binne-gegaan het, dikwels tot nadeel aan self en familie. As sulks dien hulle verhale as bakens van moontlikheid en hoop wat uitstyg bo omstandighede.
Prof Retief Müller
Direkteur: Nagel Institute for the Study of World Christianity Calvin University
Beskikbaar by: Isabelle Murray isabellemurray73@gmail.com