Basiese Dissipelskap

Eddie Kampher

Eddie skryf: “Mense in kerke vandag het ’n uiters swak begrip van die evangelie en doktrine. Dis ’n feit dat verskeie mense wat vir lang jare Christene is, dit moeilik vind om die evangelieboodskap te verwoord omdat ware dissipelskap deesdae so vernalaat word.

Hierdie dokument is opgestel met sulke mense in gedagte. Dit is ’n eenvoudige, beknopte samevatting van hoofpunte wat, na my mening, ’n dissipelskapkursus behoort te dek. Ek sal hierdie punte nie wyd ontwikkel nie, anders sal hierdie dokument te groot wees. Dit behoort ’n bruikbare middel vir leiers te wees om met dissipels in daardie belangrike eerste jaar te werk.

Ek glo dat jong bekeerlinge deeglike opleiding in die eerste jaar moet ontvang. Dit is net nie genoeg om die evangelie te verduidelik en basiese opvolging te doen nie. Bekeerlinge moet opgelei word in fundamentele doktrines, praktiese kwessies en moet selfs ’n eenvoudige verstaan van kerkgeskiedenis gegee word.

Ek glo dat hierdie dokument jong bekeerlinge ’n goeie grondslag sal gee waarop hulle hul geloof kan bou.”

Beskikbaar by Eddie K: epkampher@gmail.com