Die Woord deur my lens

Maronel Steyn

Maronel Steyn is versot op fotografie in haar vrye tyd en veral gedurende die grendeltydperk het sy en haar man baie kilometers afgelê waar sy haar kon verlustig in die mooi natuurskoon en fotogeleenthede om af te neem. Haar diepe afhanklikheid van die Woord, het haar genoop om 365 fotos te koppel aan ʼn inspirerende teksvers en so het hierdie pragtige glansboek tot stand gekom.

Hoewel sy die boek vir haar familie en vriende as geskenke gepubliseer het, kan belangstellendes haar tog kontak vir moontlike kopieë by maronel@fidelitygroup.co.za