
Waardes vir Kleintjies en Kleuters
Hierdie oulike boek is saamgestel deur Kinderland Akademie in Wellington. Aan die hand van 10 morele waardes is stories, rympies en liedjies saamgevoeg as deel van 'n jaarlikse program wat oor vier kwartale strek. Veertig stories, rympies en liedjies met pragtige illustrasies deur Jiggs Snaddon-Wood en Heidi-Kate Greeff maak hierdie boek 'n onontbeerlike hulpmiddel - nie net in voorskoolse klasse nie, maar selfs vir tuisgebruik deur Mamma, Pappa, Oupa, Ouma of toesighouers.