
Thin Space
Tussen hemel en harde grond
In Wellington is 'n pragtige, spirituele ruimte, die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit. Dit is 'n plek vir stil word, heel word.
Die verhaal van die totstandkoming van hierdie sentrum word meesterlik deur Elna Mouton vertel. Visueel is dit 'n asemrowende boek met pragfotos van onder meer Neil Büchner en David Müller. Dit is nie net 'n baie belangrike publikasie ten opsigte van die historiese daarstelling van die ontstaan, maar ook 'n getuienis van die diversiteit van die sentrum.