Vrug van die Gees

Linda van Heerden

Die konteks waarin woorde gebruik word, kan bepalend wees vir die betekenis daarvan. Paulus verduidelik in die aanloop tot die bekende Galasiërs 5:22 & 23 dat ons sondige natuur in stryd is met wat die Gees wil, en inderdaad lynreg daarteenoor staan. Sodoende word die woorde wat die negevoudige vrug van die Gees beskryf as die positiewe teenpool van ons sondige natuur voorgehou.
Hierdie joernaal beskryf ’n persoonlike reis, en is geskryf in die hoop dat ander pelgrims sal wil saamreis sodat die woorde “Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal” (Gal 5:25) van ons almal waar kan word.

 

Oor die skrywer:
Linda van Heerden is reeds dekades lank ’n dosent wat die betekenis en toepassing van woorde in die Inkomstebelastingwet vir studente probeer ontsluit. Op die drumpel van aftrede wil sy haar passie vir woorde verskuif en dit selfs meer, en verder, tot eer van haar eerste liefde, God Drieënig, aanwend.

Volg haar op facebook by

bit.ly/40xDkKX