
Sabbatsbriewe
Leonette Smit
In Sabbatsbriewe neem Leonette die leser op reis deur die dorre wêreld van die Kalahari en die kontrasterende Boesmanland met sy bossieveld. Haar kamera is altyd byderhand, maar dis haar pen wat die wêreld en sy mense op sy mooiste skilder.
Johan en Leonette verruil tydelik hulle lewe in Gauteng vir ’n sabbatstyd van nege maande. Wyl Johan, na ’n leeftyd in die bediening, sy lyf plaasbestuurder hou, vaar Leonette die dorre veld in.
Haar gereelde e-posse aan familie en vriende word saamgevat in Sabbatsbriewe. Sy skryf oor die afgeleë wêreld en sy skoonheid, oor die uniekheid van sy mense en oor die soom van God se kleed en sy voetspore wat oral afgeëts lê. Sy deel hulle diepe belewing van ’n reis na binne na mate hulle hulself afstroop van onnodige bagasie, afskaal en in eenvoud hulself oopstel vir die aarde.