Om ‘n boek te publiseer word dikwels gelykgestel met die geboorte van ‘n kind. Dus sou mens kon sê dat self-publikasie ‘n tuisgeboorte is. Hierin speel hedendaagse “vroedvroue” ‘n kardinale rol – van bystand, kundige insette en sorg dra dat moeder en kind ‘n positiewe ervaring het. Amanda Carstens wen loshande die ‘Boek-vroedvrou van die Jaar’ toekenning!