
this project required:
Book layout | cover design | publishing | printing
Uiteindelik Vry
Vader Michael Lapsley
In 1990 het Vader Michael Lapsley, ’n Anglikaanse priester wat aktief in die stryd teen apartheid betrokke was, ’n briefbom oopgemaak wat hom amper sy lewe gekos het. Hy het oorleef, maar hy het sy hande en een van sy oë in die ontploffing verloor. Hierdie lewensverhaal vertel ons van dit wat hom op die pad na hierdie verskriklike ervaring geplaas het – ’n duidelike gewaarwording van die radikale eise van die Woord en sy groeiende identifikasie met die vryheidstryd. Maar sy inspirerende reis het hom ook verder geneem. Die postapartheid Suid-Afrika het vir Vader Lapsley gekonfronteer met ’n hele nasie wat genesing nodig gehad het. Hy het ’n nuwe roeping ontdek: om sy eie traumatiese ervaring te gebruik om ander te help om heel te word, in Suid-Afrika en later ook dwarsoor die wêreld.
Hierdie boek sal enigeen wat al deur swaarkry, stukkendheid en teenspoed gekonfronteer was, inspireer. Dis ʼn bevestiging van die triomferende menslike gees en dit sal lesers aanmoedig om struikelblokke met moed en vergifnis aan te durf.